Читать книгу By fonteine langs - Nina Smit - Страница 3

Januarie

Оглавление

God gee Voorspoed!

Almal van ons wil graag gelukkig en voorspoedig wees

in die jaar wat voorlê –

om hierdie rede wens ons mekaar dan ook tradisioneel

’n “gelukkige en voorspoedige nuwe jaar” toe

wanneer die horlosie op 31 Desember twaalfuur slaan.

Tog dink min van ons van Wie kom daardie geluk en voorspoed

waarna ons so hunker.

Dit is net Gód wat vir sy kinders voorspoed kan bring,

dit is net Hy wat ons “by fonteine langs” kan lei

sodat ons sy sorg elke dag in ons lewens kan ondervind.

“Ek laat die reëns val op die regte tyd,

reëns wat voorspoed sal bring,”

beloof God self by monde van die profeet Esegiël (Eseg 34:26).

Die Engelse vertaling sê dit byna nóg mooier:

“I will send down showers in season;

there will be showers of blessing […]” (The Holy Bible, NIV).

Mag God vanjaar jou lewe verkwik met sy reënbuie van seën

en jou elke dag by fonteine langs lei!

By fonteine langs

Подняться наверх