Читать книгу By fonteine langs - Nina Smit - Страница 6

3 Januarie

Оглавление

Jy kan op God se seën reken

Lees Genesis 1:27-31

Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde […] – Gen 1:28


Die heel eerste ding wat God doen nadat Hy die wêreld gemaak het, is om sy skepping te seën. Hy seën ook die eerste twee mense en beveel hulle om vrugbaar te wees, die aarde te bewoon en te bewerk en oor die diere van die aarde te heers (Gen 1:28). Wanneer God later sy verbond aan Abraham bekend maak, onderneem Hy om hom te seën, om hom ’n groot nasie te maak, en sê dat alle volke van die aarde in hom geseën sal wees (vgl Gen 12:2-3). Wanneer Jabes (1 Kron 4:9-10) God vra om sy seën oor hom uit te stort en hom te beskerm, verhoor God ook sý gebed.

God stort graag sy seën oor sy kinders uit, maar God seën sy kinders altyd met ’n spesifieke doel: Hy wil hê hulle moet die seën wat hulle van Hom ontvang, weer na ander mense deurgee. Ons lees nie minder nie as vyf en vyftig keer in die Bybel dat God óns wil seën sodat ons vir ánder tot seën kan wees.

God is aan jou kant, jy kan vanjaar op sy oorvloedige seën in jou lewe reken. Solank jy net onthou dat jy juis hierdie seën ontvang sodat jy op jou beurt weer vir ánder mense tot seën kan wees.

Here, ek loof U dat ek elke dag u seën in mý eie lewe kan ondervind. Help my om altyd te onthou dat U my seën sodat ek u seën aan alle ander mense kan deurgee wat vanjaar oor my pad gaan kom.

Amen

By fonteine langs

Подняться наверх