Читать книгу By fonteine langs - Nina Smit - Страница 4

1 Januarie

Оглавление

Gebed vir die nuwe jaar

Lees 1 Konings 8:51-61

Mag die Here ons God by ons wees soos Hy by ons voorvaders was. Mag Hy ons nooit verlaat of laat vaar nie. Mag Hy ons gewillig maak om altyd volgens sy wil te leef en ons te hou aan sy gebooie, sy voorskrifte en sy bepalings […] Mag julle met volle oorgawe voor die Here ons God leef […] – 1 Kon 8:57-61


Daar is kwalik ’n beter stel Nuwejaarsvoornemens as dié wat in Salomo se gebed vir die inwyding van die tempel vervat is:

* “Mag God by jou wees” – met God by jou, gaan geen uitdaging wat die nuwe jaar kan bied jou ooit onderkry nie – soos Paulus sal jy vind dat jy sáám met Hom tot alles in staat sal wees.

* “Mag Hy jou nooit verlaat of laat vaar nie” – in die jaar wat voorlê, sal jy nooit alleen wees nie – God is daar om jou in krisistye te help en te ondersteun.

* “Mag Hy jou gewillig maak om altyd volgens sy wil te leef” – God se wil is vir jou veel beter as jou eie sin en wil – gehoorsaam dit, en dit sal goed gaan met jou.

* “Mag Hy jou gewillig maak om sy gebooie, voorskrifte en bepalings te gehoorsaam” – indien jy daartoe bereid is, het jy die resep van ’n gelukkige lewe ontdek.

* “Mag jy met volle oorgawe voor Hom leef” – sodat jy elke dag sy liefdevolle teenwoordigheid in jou lewe sal ervaar.

Dit is my gebed vir jóú dat die Here vanjaar elke deeltjie van hierdie gebed in jou lewe sal verwesenlik.Hemelse Vader, ek bid dat U vanjaar by my sal wees; dat U my nooit sal verlaat nie sodat ek met volle oorgawe voor U sal leef.

Amen

By fonteine langs

Подняться наверх