Читать книгу By fonteine langs - Nina Smit - Страница 22

19 Januarie

Оглавление

Gee aandag aan wat jy hoor

Lees Markus 4:21-25

Hy het ook vir hulle gesê: “Gee aandag aan wat julle hoor! Want met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word en daar sal vir julle nog toegevoeg word. Wie het, vir hom sal daar nog meer gegee word; en wie nie het nie, van hom sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word” – Mark 4:24-25


Jesus waarsku hier dat God se koninkryk aan die kom is. Volgens Die Bybellennium (p 1201) begin dit op ’n half weggesteekte manier, maar uiteindelik sal ons almal dit sien. Dié mense wat ore het om te luister, moet dus góéd luister. As ons bereid is om na God se stem te luister, sal Hy ons help om geestelik sterker te word. In vers 24, sê Jesus:“Whoever has, will be given more” (NIV).

Jy gaan God se stem nooit duidelik genoeg met jou hoor praat as jy nie ’n spesiale poging gaan aanwend om na Hom te luister nie.

Dit hang dus van jouself af hoeveel seën jy vanjaar van God gaan ontvang. Maak doodseker dat jy op die regte manier na sy stem sal luister. “Pas dus op hoe julle luister, want wie het, vir hom sal nog meer gegee word,” lui die Lukas-weergawe van ons teksvers (Luk 8:18). Die manier waarop jy jouself vir God oopstel, gaan die mate bepaal waarin Hy Homself in die nuwe jaar aan jou gaan openbaar.

Here, ek wil myself nou oopstel vir u stem en só fyn na U luister dat U Uself aan my sal openbaar en dat daar nog méér vir my gegee sal word. Maak dit vir my moontlik, asseblief.

Amen

By fonteine langs

Подняться наверх