Читать книгу By fonteine langs - Nina Smit - Страница 36

Februarie

Оглавление

Werk aan jou huwelik

Alhoewel daar letterlik honderde boeke

oor sukses in die huwelik geskryf is, misluk huwelike steeds,

omdat huweliksmaats nie besef

dat gelukkige huwelike nie vanself kom nie.

Om gelukkig getroud te wees, vra dat jy alles in jou huwelik sal insit.

Dat jy jou huweliksmaat só goed sal ken

dat jy presies sal weet wat sy behoeftes en drome is,

én dat jy kans sal sien om jou eie behoeftes en drome

op die agtergrond te skuif

sodat dié van jou maat voorrang kan geniet.

Een van die heel belangrikste vereistes van ’n gelukkige huwelik

is dat albei huweliksmaats sal besef dat mense verander.

“Nie een van ons is 100% dieselfde persoon

as wat ons selfs net verlede jaar was nie.

Ons lewe en ons idees is vloeibaar.

Ons drome en ons verlangens verskuif gedurig.

Daarom vereis die vestiging van ’n gelukkige huwelik

of ’n hegte vriendskap of ’n sinvolle werksverhouding

altyd noulettende, wedersydse begrip

vir wat die ander persoon die nodigste het.

“Dit vra gereelde in diepte gesprekke, onderhandelinge […]

kompromieë […]” skryf Alan McGinnis in Balans in die lewe.

Hierdie maand gaan jy leer hoe jy vir jou man die vrou kan word

wat hy die graagste sal wil hê!

By fonteine langs

Подняться наверх