Читать книгу By fonteine langs - Nina Smit - Страница 35

Gebed

Оглавление

Hemelse Vader,

watter ongelooflike voorreg is dit om die nuwe jaar te begin

met die seker wete dat U self vir my by fonteine langs sal lei;

dat U vir my voorspoed en seën belowe in die jaar wat voorlê,

en elke dag vir my sal sorg.

Dankie vir die belofte dat U by my sal wees;

dat U my nooit sal laat vaar of verlaat nie;

dat U in elkeen van my behoeftes in oorvloed sal voorsien.

Maak my gewillig om vanjaar volgens u wil te leef

en u gebooie te gehoorsaam.

Help my om soos ’n Christen op te tree,

om ook in swaarkrytye vas op U te vertrou,

en om my self positief te verander

sodat ek in Jesus se voetspore kan loop.

Ek loof U dat U my naam ken,

dat ek vir U kosbaar is

en dat U my teen gevare sal bewaar.

Dankie vir die versekering dat met U in my lewensbootjie

ek vir geen krisis of storm hoef bang te wees nie.Here, ek wil my nou fyn instem op u stem

en op u leiding wag.

Ek weet dat U vir my net voorspoed beplan

en bid dat U vir my wysheid sal gee

sodat ek in die jaar wat voorlê die regte besluite sal neem.

Vorm my, Here, stort u seën oor my uit

en loop asseblief voor my op die onbekende pad van die nuwe jaar.

Amen

By fonteine langs

Подняться наверх