Читать книгу By fonteine langs - Nina Smit - Страница 42

6 Februarie

Оглавление

Sekerheid in die huwelik

Lees Efesiërs 5:31-33

Daar staan in die Skrif: “Daarom sal ’n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle twee sal een wees.” Hierin lê daar ’n diep geheimenis opgesluit […] Elkeen moet sy vrou so liefhê soos hy homself liefhet, en ’n vrou moet aan haar man eerbied betoon – Ef 5:31-33


God het dit self so bepaal dat ’n man sy ouerhuis sal verlaat en saam met die vrou van sy keuse sal lewe, en dat hulle twee volkome één sal wees. Een plus een bly hier dus één. Geen wonder dat Paulus dit as ’n geheimenis bestempel nie! Dit is inderdaad ’n wonder wanneer twee afsonderlike persone met verskillende persoonlikhede só lief vir mekaar is dat hulle bereid is om die ander een eerste te stel sodat hulle mettertyd in alle opsigte met mekaar sal deel, in mekaar sal opgaan en volkome toegewyd en getrou aan mekaar sal wees.

Eenheid in die huwelik beteken egter nie dat jy nou jou eie persoonlikheid moet prysgee en ’n kloon van jou man word nie. Dit beteken net dat jou man vir jou belangriker as jyself sal wees, dat jy hom sal ondersteun en help om sy volle potensiaal te verwesenlik.

Besluit sommer nou om in jou eie huwelik na hierdie eenheid te strewe. Jy sal dit net kan regkry as jy werklik kans sien om jou man se belange bó jou eie te stel. En met God se hulp sal dit mettertyd vir jou moontlik raak.

Here, dis nie altyd vir my so maklik om my man in alle opsigte eerste te stel nie – U weet dat ek maar ’n sondaar bly! Help my asseblief om onselfsugtig in my huwelik op te tree sodat ek en my man werklik één sal wees.

Amen

By fonteine langs

Подняться наверх