Читать книгу Die stomme aarde: 'n keur - Wilma Stockenström - Страница 12
Aalwyn in die droogte
ОглавлениеDie ergste is dat die lewe dwarsdeur
’n droogte aangaan en dat dit nie
wil endkry nie, die verbete beur
van wortels vlak al in die rondte,
dat die blare handewringend toevou
om die gees, en, gevaarrooi geverf,
krimpend asem ophou
tot eindelik die vernedering oorgaan.