Читать книгу Die stomme aarde: 'n keur - Wilma Stockenström - Страница 17
ОглавлениеV
Kwesbaar is die askese van trots, en nouliks sigbaar,
soos die glas van groot geboue, tensy die son
dit omtower in flonkering by wolklose opgaan en sak.
Een fluitklank versplinter die fyn huls.
Een kwashaal dui dit aan, een naderstap
en een aanraking met die vingertoppe verraai die broosheid
van die beleërde se beskerming. Ek vertel dit dat jy dit moet weet,
dat jy my verdediging sal verontagsaam en haastig na my sal kom.