Читать книгу Die stomme aarde: 'n keur - Wilma Stockenström - Страница 21

Afrikaliefde

Оглавление

Soos Inhaca kyk na die kus, is ek gekeer

na jou, met my sagte mond, my borste.

Soos sy nestel ek in ’n baai van vriendelikheid,

groei ek, koraalsgewys maar seker

nader aan jou, my vasteland. Wat

skeel my die koopvaardy agter op die beukende

see? My druipende wortelbome staan

in soel waters slu treetjie vir treetjie nader.

Hoe lank nog eer ek my met jou breë

kasjoeneutbosse verenig, eer ons inmekaarpas,

jou rietbegroeide arm om my,

jou bruin liggaam my liggaam?

Die stomme aarde: 'n keur

Подняться наверх