Читать книгу Die stomme aarde: 'n keur - Wilma Stockenström - Страница 26

Оглавление

Gewis, ons is nie water genoeg nie!

Laat ons brak taal

riettaal word, en ruigte-en-reiertaal.

Laat die son hom wit

skrik in die hekelwerk van takke.

Uit die oksels van die elshout spruit

varings om tussen die woorde te pak,

en by die groen kerse van die kiepersol

lees ons klinkers van ’n nuwe menslikheid.

Die stomme aarde: 'n keur

Подняться наверх