Читать книгу Die stomme aarde: 'n keur - Wilma Stockenström - Страница 18
ОглавлениеVI
Koeltorings spreek stomende
verse, die motors in snoere
stippel die strate met ’n kind se a b c
en die hoogoond maak reklame
vir die gloeiender dag.
Maar wie lees die skrif van die reën
wat ek afvee van jou wang,
en wie verstaan
die druppels wat ons dig?