Читать книгу Die stomme aarde: 'n keur - Wilma Stockenström - Страница 7
Die bome my vaders en moeders
ОглавлениеDie bome, my vaders en moeders,
se lang gespierde arms,
se groot groen rokke,
se kinders by dosyne,
se optog van bloeisels in die parke en langs die strate,
my vaders en my moeders, die bome,
ek slaan my arms om julle,
druk julle blare teen my wang
en vou jul geur soos ’n doek om my hare.
Bly goed wees vir my.