Читать книгу Die stomme aarde: 'n keur - Wilma Stockenström - Страница 9

Gesertifiseer

Оглавление

Ek kan genoeg gloeilampies koop om al

my vertrekke lewenslank te belig,

maar ek verkies die skemer en skemermense

wat voor die droom van dromend lewe swig.

Ek kan ’n absoluut betroubare fisiologiese hartklep

aanskaf, gemaak van polipropileen,

maar liefs lewe ek hortend en hinkepink,

afwykend stug, totdat die harde reën

die huise van die laaste eeu smelt,

totdat taal in al sy uitinge verval.

As mens, tot pyn in staat, wil ek leef,

die uiterste mens, gesertifiseer mal.

Die stomme aarde: 'n keur

Подняться наверх