Читать книгу Die stomme aarde: 'n keur - Wilma Stockenström - Страница 8
Uile op die pale
ОглавлениеOp elke telefoonpaal sit ’n uil
verhewe die wag en hou oor
die pokdalige pad na die ongepeilde.
Wat baat my hul geruisloosheid en geroep,
die honderd-en-tagtig grade
wysheid van hul geel oë?
Wat baat my die oorlewering, die spreekwoordelikheid,
die wis en sekerheid van hul teenwoordigheid,
as niemand sy arms om my bakhou
en niemand my bystaan en fluister
hoe vreugdevol die gaan is?