Читать книгу Uit die Beek 2013 - Attie van Wijk - Страница 52

Оглавление

DONDERDAG 14 FEBRUARIE 2013

Lees eers Genesis 33:9–20

Om God te ken

“Jakob het daar ’n altaar gebou en dit genoem: Die God van Israel is God” (Gen 33:20).

GESELSVRAAG: Hoe het jy die Here leer ken?

“Ken jy die Here?” was oom Hannes Joubert lief om vir rylopers te vra. Hy kon Zulu vlot praat. Hy het dan verduidelik dat daar twee maniere is om God te ken: van hoorsê, en dit verander nie juis jou lewe nie, of jy kan die Here persoonlik ontmoet, en dit verander jou lewe radikaal. Dan vra hy op watter manier sy gas die Here ken. So kon hy baie mense na die Here lei.

Jakob se ontmoeting met die Here het nie net sy naam verander nie. Hy het nou die Here waarlik geken. Daarom wou hy die Here openlik aanbid waar hy ook al gewoon het. Die trek met die lammertjies en die kindertjies het langer geneem as wat Esau verwag het. Jakob het selfs hier ’n stuk grond gekoop omdat hy ’n lang ruk hier oorgestaan het. Een kommentaar wys daarop dat Dina slegs ses jaar oud was toe hulle hier gekom het, en hubaar was toe hulle daar weg is. Jakob het die plek genoem na die nuwe naam wat die Here vir hom gegee het. My God is God.

Daar is baie oë wat ons dophou. Sien hulle dat ons Here waarlik God is? Het Hy werklik ons lewe verander? Kan jy ook sê: “Die God van Jannie of Sannie of Flip is God?” Mense moet weet wie dit is wat jou so anders gemaak het. Hulle moet sien dat jy die Here ken, respekteer en gehoorsaam.

GEBED: “Here, U is my God. U is die enigste ware God.”

Lees vanaand in Genesis 34:1–12 hoe Sigem sy verkragting van ’n meisie probeer goed maak het. Kan dit werk?

Uit die Beek 2013

Подняться наверх