Читать книгу Uit die Beek 2013 - Attie van Wijk - Страница 76

Оглавление

Welkom by die Evangelie volgens Matteus

SKRYWER:

• Die apostel Matteus (ook bekend as Levi) was ’n belastinggaarder van beroep wat deur Jesus geroep is om een van die twaalf te word (Matt 9:9).

EERSTE LESERS:

• Die aanhalings uit die Griekse vertaling van die Ou Testament wys dat die eerste lesers Griekssprekende Jode was wat waarskynlik nie in Palestina gewoon het nie.

DATUM:

• Dit is geskryf ná die Evangelie van Markus, maar voor die val van Jerusalem in 70 nC.

DOEL:

• Die Evangelie van Matteus is deur ’n Jood vir Jode oor die koms van die beloofde Joodse Messias geskryf. Hy haal dus dikwels aan uit die Ou Testament om te wys hoe die profesieë in Christus vervul is. Hy wil Jode help om in Christus te glo en om boodskappers van Christus te wees.

HOOFTREKKE:

• Die koms van die Koning (1–4).

• Die standaarde van die Koning (5–7).

• Die krag van die Koning (8–10).

• Die verwerping van die Koning (11–16).

• Die toerusting van die Koning se dissipels (17–20).

• Die teregstelling van die Koning (21–27).

• Die opstanding en opdrag van die Koning (28).

LET OP NA:

• Die baie verwysings na vervulde profesieë.

• Die rol van nie-Jode in Christus se afkoms en bediening.

• Die baie aanhalings van wat Jesus Self gesê het.

CHRISTUS IN MATTEUS:

• Die hele boek gaan oor Christus, en veral oor Hom as Koning van die Jode.

• Matteus haal amper 130 keer uit die Ou Testament aan – meer as enige ander boek in die Nuwe Testament.

Uit die Beek 2013

Подняться наверх