Читать книгу Uit die beek 2014 - Attie van Wijk - Страница 28

Woensdag 22 Januarie 2014 Lees eers Eksodus 16:1-10

Оглавление

Moeilike volgelinge

In die woestyn het die hele volk hulle teenoor Moses en Aäron begin verset […] – Eks 16:2

GESELSVRAAG:

Wat doen mense vandag as hul leiers hulle teleurstel?

“Niemand is ’n leier as hy nie volgelinge het nie.” Daarom probeer so baie leiers hul volgelinge paai met baie beloftes wat nie gerealiseer kan word nie. Volgelinge het die neiging om mense aan te val, in plaas daarvan om saam te werk om die probleem te oorkom. Veral wanneer ander mense hard gewerk het om hulle te help.

Die Israeliete se padkos het ná ’n maand begin opraak. En dit was toe Moses se skuld. Hulle het terug gedink aan die “goeie ou dae” in Egipte, en geriefshalwe van hul swaarkry as slawe vergeet. Moses het ’n lewende verhouding met God gehad en het mooi geluister na alles wat die Here vir hom gesê het. Hy het dus geweet van die kos wat in die vorm van voëls en die manna sou kom. Die kos vir die menigte was nie die probleem nie, maar wel die geestelike vlakheid van die volk. Die Here het sy magtige teenwoordigheid toe weer aan die volk getoon. Hulle moes weet Hy is daar en Hy sou sorg. Maar ook dat Hy heilig is en gehoorsaamheid vereis.

Ons is nie net in baie opsigte leiers nie. Ons is ook volgelinge. Watter soort volgelinge is ons? Kla ons gedurig en vind met alles fout? Dan maak ons dit baie moeilik vir ons leiers. Besef ons dat die Here bo alles ons Koning is? In tye van nood is dit dalk beter om op ons knieë te gaan sodat ons Hom beter kan leer ken.

GEBED:

Here, ek wil U in elke beproewing beter leer ken.

Lees vanaand in Eksodus 16:11-21 hoe die Here vleis en brood in die woestyn voorsien het.

Uit die beek 2014

Подняться наверх