Читать книгу Uit die beek 2014 - Attie van Wijk - Страница 35

Woensdag 29 Januarie 2014 Lees eers Eksodus 21:1-11

Оглавление

Behandel slawe reg

Wanneer jy ’n Hebreeuse slaaf koop, moet hy ses jaar vir jou werk, maar in die sewende jaar moet jy hom vrylaat sonder dat hy jou iets daarvoor betaal. – Eks 21:2

GESELSVRAAG:

Wat is die regte manier om ons werkers te behandel?

“Wanneer ’n slaaf tot bekering kom en Christen word, moet hy dadelik sy vryheid gegee word,” het die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie bepaal. Heelwat Moslems is as slawe of politieke gevangenes na die Kaap gebring. Die Hollandse slawe-eienaars het dus probeer verseker dat geeneen van hul slawe ooit die evangelie van Jesus Christus mag hoor nie. Sendelinge is dus as vyande beskou en vinnig uitgewerk. Tot vandag toe is die Moslem-gemeenskap van die Bo-Kaap die grootste onbereikte volksgroep in Suid-Afrika. Binne een kilometer van die Groote Kerk is daar elf moskees!

Die Israeliete was tot kort vantevore self slawe. Nou het sommige van hulle slawe besit of het hulself of hul kinders as slawe verkoop omdat hulle nie vir hulself kon sorg nie. In hierdie hoofstuk van Eksodus word wette dus bepaal wat slawe moes beskerm. Ons kan dus verstaan as ’n slaaf besluit dat hy vir ’n godvresende eienaar lief is en wil aanhou om vir hom te werk (Eks 21:5). Selfs ’n slavin het regte gehad en moes regverdig behandel word.

Hoe behandel ons ons werknemers? Só dat hulle lief is vir ons? Só dat hulle by ons die evangelie sien en hoor en self tot oorgawe aan Christus kom? In die oordeelsdag sal dit duidelik word.

GEBED:

Maak my getrou as werkgewer en as werknemer, Here.

Lees vanaand in Eksodus 21:12-25 wanneer die doodstraf nodig was en ander wette om slawe te beskerm.

Uit die beek 2014

Подняться наверх