Читать книгу Uit die beek 2014 - Attie van Wijk - Страница 30

Vrydag 24 Januarie 2014 Lees eers Eksodus 17:1-7

Оглавление

Dors op bevel van die Here

[…] Maar daar was geen water vir die volk om te drink nie. – Eks 17:1

GESELSVRAAG:

Gaan dit altyd goed wanneer ons gehoorsaam is aan die Here?

“As ek een van die Israeliete was, sou ek ook gekla het. Hoekom trek hulle na ’n plek waar daar nie water is nie?” sê ’n selgroeplid. Dié van ons wat al regtig dors was, sal weet dat dit glad nie lekker is nie. Sonder water kan jy nie langer as drie dae lewe nie. En waar gaan jy genoeg water kry vir twee miljoen mense met hul diere?

Ons lees dat hulle op bevel van die Here rondgetrek het en uiteindelik by Refidim kamp opgeslaan het. Dit is die Here wat hulle hier gebring het. As deel van hul dissipelskap moes hulle nog ’n les oor God se getrouheid leer. Maar hulle het gou weer die toets gedop. Nou moes Moses die spit afbyt. Hy was in lewensgevaar – en dit deur mense wat God gedien het! God het egter die oplossing gereed gehad. Moses moes met dieselfde kierie wat hy reg aan die begin by die Nyl gebruik het, op ’n sekere rots slaan en dan sou daar genoeg water uitkom. So het dit dan ook gebeur.

As ons die Here voluit volg, moet ons nie verwag dat dit altyd met ons goed sal gaan nie. Soms wil Hy ons geloof so ’n bietjie rek. Dan bring Hy moeilike tye oor ons. Ons begin twyfel of die Here nog by ons is (Eks 17:7). Ons begin ander mense beskuldig oor die krisis, net soos die Israeliete met Moses. Maar Moses wys ons wat die regte optrede is: Gaan na die Here toe met die probleem. Hy het altyd die regte oplossing gereed.

GEBED:

Leer my om U in alle omstandighede te volg, Here Jesus.

Lees vanaand in Eksodus 17:8-16 hoe die voorbiddingspan die koers van die stryd bepaal het.

Uit die beek 2014

Подняться наверх