Читать книгу Uit die beek 2014 - Attie van Wijk - Страница 36

Donderdag 30 Januarie 2014 Lees eers Eksodus 21:26-36

Оглавление

Skadevergoeding

Of as dit bekend is dat die bees tevore al bakleierig was, […] moet hy ’n ander bees in die plek van die dooie bees gee. Die dooie dier sal syne wees. – Eks 21:36

GESELSVRAAG:

Wat moet jy doen as jou hond ’n ander een doodbyt?

“Hierdie twee mannetjies was daarvoor bekend dat hulle mense beroof en die polisie kon niks aan hulle doen nie. Toe het ons mense hulle maar self reggesien,” verduidelik ’n ooggetuie van hoe twee jong seuns deur ’n woedende skare doodgeslaan is. ’n Mens kan die frustrasie van die slagoffers verstaan as jong misdadigers maar net elke keer weer vrygelaat word omdat hulle volgens wet nog te jonk is om tronk toe te gaan. Maar is die doodstraf in sulke gevalle reg?

Die Here het Moses gehelp om die regte straf in elke geval van skade te bepaal. Wanneer iemand jou oog uitsteek of jou hand afkap, mag net een oog of hand van die kwaaddoener verwyder word. Niks meer nie. Die straf moet beperk wees. Net so wanneer iemand se dier ’n ander dier of mens seergemaak of doodgemaak het. Wanneer iemand ’n put onbedek gelaat het en ’n dier daarin verdrink het, moes hy die skade betaal. Let ook daarop hoe die straf verskil wanneer iemand se dier vantevore skade gedoen het.

In Jesus se tyd het “’n oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand” ’n ander betekenis gekry en gelei tot wraak en weerwraak. Waar dié wet konsekwent toegepas is, was almal blind en tandeloos; daarom het Hy die voorskrif verander (Matt 5:38-39). Sy volgelinge het toe ’n nuwe wet gehad waar daar in liefde op kwaad reageer word.

GEBED:

Help ons om elke dag te doen wat reg is, Here.

Lees vanaand in Eksodus 22:1-15 die wette oor diefstal en ander maniere wat ons ons naaste skade aandoen.

Uit die beek 2014

Подняться наверх