Читать книгу Uit die beek 2014 - Attie van Wijk - Страница 37

Vrydag 31 Januarie 2014 Lees eers Eksodus 22:16-31

Оглавление

Voorhuwelikse seks

Wanneer ’n man ’n jongmeisie wat nog nie verloof is nie, verlei om met hom geslagsgemeenskap te hê, moet hy aan haar pa die volle bruidsprys betaal en met haar trou. – Eks 22:16

GESELSVRAAG:

Wanneer is seks voor die huwelik toelaatbaar?

“Wanneer ek eendag trou met die meisie wat haarself vir my rein gehou het, wil ek haar gelukkig maak. Ek moet dus soveel sekservaring as moont­lik met ander los meisies opdoen,” verduidelik ’n 16-jarige katkisant. Watter dwaasheid! Die Here het bedoel dat twee mense waarlik een word (Gen 2:24). Jy kan dit nie met meer as een mens doen nie; daarom is baie min huwelike wat op losse sedes gebou is, gelukkig. Hulle vertrou mekaar nie. En afgesien daarvan is die kans goed dat die MI-virus so ’n egpaar sal vernietig.

God se opdrag is duidelik: Geen seks voor die huwelik nie. As ’n man met ’n verloofde meisie seks het, moet hulle albei doodgemaak word (Deut 22:23-24). Iemand wat ’n ander jong meisie verlei, moet die volle bruidsprys betaal, al gee die vader nie toestemming dat hulle trou nie (Eks 22:16-17). Dit is om haar eer te beskerm. Hierdie wette was bedoel om huwelike te beskerm. Losbandigheid hou jou uit God se koninkryk (1 Kor 6:9-10). Daar is egter die moontlikheid van bekering en vergewing van selfs hierdie dodelike sondes (1 Kor 6:11).

Die Bybelse standaarde is totaal anders as Hollywood s’n. Ons moet dus nie met die dodelike stroom saamgaan nie.

GEBED:

Here, hou ons en ons kinders rein vir die huwelik.

Lees vanaand in Eksodus 23:1-13 die lys van opdragte wat ’n gelukkige en vreedsame gemeenskap verseker.

Uit die beek 2014

Подняться наверх