Читать книгу Uit die beek 2014 - Attie van Wijk - Страница 34

Dinsdag 28 Januarie 2014 Lees eers Eksodus 20:1-17

Оглавление

Die Here ons God

Ek is die Here jou God wat jou […] uit die plek van slawerny, bevry het. – Eks 20:2

GESELSVRAAG:

Wat beteken dit om die Here “ons God” te noem?

“Ons God” beteken nie “ons bediende” nie. Ons kan Hom nie bevele gee nie. Hy is die een wat sy gebooie aan ons gee. Hy behoort nie aan ons nie. Ons behoort uit sy genade aan Hom. Die oomblik wanneer ons weier om Hom te gehoorsaam, haal ons Hom van die troon af en ons maak onsself god in sy plek. Daar waar God se Tien Gebooie gehoorsaam word, is ’n veilige plek. Daar kan mense gelukkig saam lewe.

Ons moet dus baie mooi kyk na wat die Here hier vir ons sê. Dit is Hy wat die inisiatief neem. Dit is Hy wat ons uit die slawerny van sonde vry maak sodat ons Hom in vryheid kan dien. Hy maak ons so vry dat ons selfs kan kies om ongehoorsaam te wees. Maar dan is dit tot ons eie skade. Net soos ’n boer ’n sinkgat op sy plaas sal afkamp om sy vee te beskerm, gee die Here die Tien Gebooie om ons van die dodelike sondes te beskerm. Dis nie om ons in te perk nie, maar om ons vryheid en veiligheid te gee.

Wanneer ons besef Wie dit is wat met ons besig is, verander dit ons hele gesindheid. Hy het ons lief en gee werklik vir ons om; daarom kan ons Hom vertrou in die ervarings wat oor ons kom. Hy gaan dit alles gebruik om ons daarmee te seën. Maar dit beteken ook ons moet sy gebooie ernstig opneem, want as ons nie luister nie, sal ons in die proses seerkry.

GEBED:

Here God, help my om voluit vir U te lewe.

Lees vanaand in Eksodus 20:18-26 hoe die Here ons lewenswyse totaal verander om vir ander tot seën te wees.

Uit die beek 2014

Подняться наверх