Читать книгу Uit die beek 2014 - Attie van Wijk - Страница 68

Welkom by die Evangelie volgens Markus

Оглавление

Skrywer:

 Tradisioneel word dié evangelie gekoppel aan Johannes Markus, neef van Barnabas (Kol 4:10). Hy het saam met Paulus gewerk (Hand 13:13; 2 Tim 4:11). Hy was dalk die kaalnaeler van wie ons in Markus 14:51-52 lees.

Eerste lesers:

 Die eerste lesers was Romeine, want Markus moes Hebreeuse woorde vir hulle vertaal (Mark 5:41). Hy gebruik ook soms Latynse woorde.

Datum:

 Dié evangelie is waarskynlik eerste geskryf en is gegrond op Petrus se vertellings kort voor sy tereggestelling, ongeveer 64-67 n.C. Die ander sinoptiese evangelies (Matteus en Lukas) herhaal baie van wat Markus ook vertel.

Doel:

 Hy wou die evangelie (goeie nuus) aangaande Jesus aan die Romeine oorvertel (1:1). Hy gebruik dié woord drie keer in die eerste hoofstuk.

Hooftrekke:

 Inleiding (1:1-8).

 Jesus begin met sy bediening (1:9 – 3:12).

 Jesus se dissipels en gelykenisse (3:13 – 6:13).

 Jesus se gewildheid en hoe Hy Hom onttrek het (6:14 – 9:29).

 Jesus se reis na Jerusalem (9:30 – 10:52).

 Jesus se laaste week in Jerusalem (11:1 – 13:37).

 Jesus se kruisdood (14:1 –15:47).

 Jesus se opstanding en opdrag (16:1-20).

Let op na:

 Die erns en verskeie woorde wat op haastigheid dui (“dadelik”); die klem op Jesus se dade eerder as woorde; Jesus wat tyd maak vir mense wat in nood is.

Christus in MARKUS:

 Markus lê baie klem op Christus as die Dienskneg. Hy vertel niks van Jesus se geboorte en kinderdae nie, maar begin by sy werk en hoe Hy baie mense gehelp het. Selfs in sy laaste sin vertel hy nog hoe Jesus vandag nog werk en wonders laat gebeur.

Uit die beek 2014

Подняться наверх