Читать книгу Uit die beek 2014 - Attie van Wijk - Страница 73

Woensdag 5 Maart 2014 Lees eers Markus 2:13-17

Оглавление

Aswoensdag

Net vir sondaars

[…] Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars. – Mark 2:17

GESELSVRAAG:

Wie ken ons wat Jesus regtig nodig het?

“In baie westerse kerke is Aswoensdag die begin van die vastyd (Lent) waartydens die gelowiges hulle voorberei vir Goeie Vrydag. Meer as ses weke lank sal hulle iets opgee as teken dat hulle berou het oor hul sonde. Op Aswoensdag sal die leraar of priester dan as op elkeen se voorkop sit as teken van hul berou,” antwoord ’n leraar ’n vraag oor dié gebruik wat nie orals bekend is nie.

As ons nie verlore sondaars was nie, was dit nie nodig vir Jesus om aarde toe te kom nie. Maar Hy verduidelik in vandag se teks dat Hy juis vir sondaars gekom het. Hy kan net sondaars red. As jy nie jou sonde wil bely nie, kan Hy jou nie help nie. Levi (Matteus) die tollenaar het die Here se roepstem gehoor en gehoorsaam. Hy het dus sommer dadelik ’n feesmaal gereël om Jesus ook aan sy tollenaar-vriende voor te stel. So het die goeie nuus onder die tollenaars versprei.

Baie gemeentes moedig mense, sodra hulle tot bekering kom, dus aan om “Matteus-etes” in hul huise vir hul ongelowige vriende aan te bied. Die meerderheid van die gaste moet dan ongelowiges wees, sodat hulle tuis kan voel. Maar by daardie ete sal iemand dan die kans kry om die goeie nuus met almal te deel. Wat ’n wonderlike gedagte. Wie wil jy nooi?

GEBED:

Dankie dat U juis vir sondaars gekom het, Here Jesus.

Lees vanaand in Markus 2:18-22 wat die vraag oor vas was en wat Jesus se verrassende antwoord was.

Uit die beek 2014

Подняться наверх