Читать книгу Uit die beek 2014 - Attie van Wijk - Страница 85

Maandag 17 Maart 2014 Lees eers Markus 6:14-20

Оглавление

Skuldige gewete

Toe Herodes dit dan hoor, het hy gesê: “Die Johannes wat ek onthoof het, is uit die dood opgewek.” – Mark 6:16

GESELSVRAAG:

Wat glo nie-Christene?

“As iemand nie in God glo nie, sal hy sommer enigiets glo,” skryf iemand op die internet. Die waarheid hiervan is duidelik te sien. Mense wat nie in God glo nie, glo in geeste, en toorkuns, en ruimtewesens en superhelde met bonatuurlike vermoëns.

Die mense in Jesus se tyd het maklik geglo dat iemand uit die dood opgestaan het. Dit was vir hulle die verklaring van Jesus se wonderwerke. Ook koning Herodes was daarvan oortuig dat hy Johannes was wat uit die dood opgestaan het. Mense het dit maklik geglo. Maar toe Jesus werklik uit die dood opgestaan het, wou hulle dit nie glo nie. Selfs vandag sal ongelowiges enigiets glo, behalwe dat Jesus is soos ons Hom in die Bybel leer ken.

Herodes het groot respek vir Johannes die Doper gehad. Hy het Johannes wel op aandrang van sy vrou laat arresteer, maar het tog gereeld na hom geluister. Hy het geweet dat hy ’n boodskapper van God is. Dit was nie lekker om te hoor sy verhouding met Herodias was sondig nie (sy was immers Herodes se broer Filippus se vrou), maar hy het geweet hy was ’n man van God. Nadat hy in die slagyster getrap het en gedwing was om Johannes te laat onthoof, het hy geen vrede daaroor gehad nie. Jou sonde haal jou altyd in.

GEBED:

Here, ek wil U leer ken soos U werklik is. Maak dus u Woord elke dag vir my oop dat ek kan verstaan.

Lees vanaand in Markus 6:21-29 hoe Johannes ná ’n dans sy kop verloor het.

Uit die beek 2014

Подняться наверх