Читать книгу Uit die beek 2014 - Attie van Wijk - Страница 72

Dinsdag 4 Maart 2014 Lees eers Markus 1:40-45

Оглавление

Jesus kan en wil help

[…] As U wil, kan U my gesond maak. – Mark 1:40

GESELSVRAAG:

Wat is vandag jou grootste begeerte?

“Kan hierdie Jesus van jou mense gesond maak?” vra die Indiese amptenaar vir kollega Sam wat besig was om traktaatjies uit te deel op die strand. “Natuurlik!” was sy antwoord. “Nou ja, dan kom haal ek jou môre dat jy die minister kan gesond bid,” sê die amptenaar. Sam vertel hy het daardie nag maar sleg geslaap. Hoe kon hy weet of dit God se wil was om die minister te genees? Hy is dan ’n Hindoe. Maar die volgende dag het hy vir die minister gaan bid – en sy gebed is uit genade verhoor. Dit het die deur vir die evangelie ook verder oopgemaak.

“Geloof is nie om te glo God kan dit doen nie, maar dat Hy dit sal doen,” staan op ’n plakkaat in ’n gastehuis in die Midde-Ooste. In vandag se Skrifgedeelte het die melaatse man met groot vertroue na Jesus toe gegaan. Hy was nie toegelaat om as melaatse met ander mense te meng nie, maar het nogtans deurgedruk en by Jesus uitgekom. Jesus doen die ondenkbare: Hy raak ’n melaatse aan en genees hom. Daardie dag is ’n lewe totaal verander. Hy kon net nie ophou om te getuig nie, al het Jesus hom belet. As hy sou stilbly, sou hy bars.

Het jy ook so ’n sterk begeerte om ander mense na Jesus toe te lei? Is jou lewe ook deur Hom verander? Vind jy dit ook onmoontlik om stil te bly? Of moet ons ook maar eers soos die melaatse op ons knieë voor Jesus begin?

GEBED:

Dankie dat U ons kan en wil help, Here Jesus.

Lees vanaand Markus 2:1-12 en kyk wie se geloof eintlik die verlamde man genees het. Wat was sy grootste behoefte?

Uit die beek 2014

Подняться наверх