Читать книгу Uit die Beek 2017 - Attie van Wijk - Страница 70

WOENSDAG 1 MAART 2017 Lees eers Handelinge 2:5-13

Оглавление

MOEDERTAAL

Hoe hoor elkeen van ons dan sy eie moedertaal? (2:8).

GESELSVRAAG: In watter taal voel jy die meeste tuis?

“Hoekom praat ons van ons vaderland, maar van ons moedertaal?” skerts ’n vriend. Dit is seker omdat ons ons eerste taalervaring hoofsaaklik van ons moeders kry. “Dit lyk my dat mense hul hartstaal verkies wanneer dit by geestelike sake kom,” verduidelik iemand.

Die mense wat vir die fees in Jerusalem saamgetrek was, het uit baie lande gekom. Al het hulle waarskynlik Grieks, Hebreeus of Aramees verstaan omdat dit die voertale in Jerusalem was, was dit vir baie van hulle slegs ’n tweede taal. Maar toe die talewonder gebeur, hoor hulle die dissipels in hul moedertaal praat. Party Skrifkenners het al gewonder of dit nie dalk ’n hoorwonder was nie. Die verandering was dalk in die hoorders, nie in die sprekers nie. Hierdie talewonder was anders as die brabbeltale wat in Korinte gepraat is en wat niemand anders kon verstaan nie (vgl. 1 Kor 12:10; 14:2).

Altesame 70% van die mense van Afrika kom uit orale kulture. Hulle lees dus nie graag nie, maar verkies om te luister. Daarom moet ons nuwe maniere vind, soos klankopnames wat op selfone kan speel, om die evangelie na hulle uit te dra en nuwe dissipels toe te rus.

GEBED: Here, ons weet dit is noodsaaklik dat ons mense in hul eie taal aan die Goeie Nuus bekend stel. Help ons daarmee.

Lees vanaand in Handelinge 2:14-21 hoe Petrus verduidelik wat aan die gebeur is en wat dit met ons te doen het.

Uit die Beek 2017

Подняться наверх