Читать книгу Uit die Beek 2017 - Attie van Wijk - Страница 72

VRYDAG 3 MAART 2017 Lees eers Handelinge 2:37-42

Оглавление

REAKSIE OP DIE PREEK

Wat moet ons doen, broers? (2:37).

GESELSVRAAG: Moet daar ’n oproep ná elke preek wees?

“Ek het al meermale tydens ’n preek gewens dat die prediker aan die einde daarvan ’n oproep op die aanwesiges wil doen om vorentoe te kom en daarop te reageer,” vertel ’n vrou my. Elke prediker moet dit in gedagte hou. Mense moet gehelp word om ’n eerste stap te doen. Dit kan baie lewens verander. Daarom moet elke preek ’n duidelike toepassing hê waarop mense kan reageer.

Petrus se preek was in die krag van die Heilige Gees. Sy preek was niks besonders nie, maar dit was genoeg om talle mense se lewe om te keer. Duisende mense het op sy preek gereageer en na vore gekom om deur die doop by die kerk ingelyf te word en daarna ’n nuwe lewe te lei. Hulle kon nie meer op die ou trant voortgaan nie. God se uitnodiging bly dieselfde. Hy roep steeds mense na Hom toe (vgl. v. 38-39). Hy wil dit ook deur jou doen.

Baie van ons kan getuig hoe ons by ’n spesiale geleentheid op uitnodiging na vore gekom het om ons lewe aan die Here oor te gee. Ons kan vertel hoe die Here ons lewe daardeur verander het. Wie wil vertel hoe dit in sy of haar lewe gebeur het? As jy dalk nog nie seker is dat jou sondes om Christus wil vergewe is nie, kan jy sommer vandag met iemand gaan praat en seker maak.

GEBED: Here, dankie dat ek U kan leer ken. Ek bid nou vir elkeen wat nog op pad is. Help hulle om die regte stap te doen.

Lees vanaand in Handelinge 2:43-47 hoe die nuwe gelowiges in die geloof gegroei het en wat toe gebeur het.

Uit die Beek 2017

Подняться наверх