Читать книгу Uit die Beek 2017 - Attie van Wijk - Страница 85

DONDERDAG 16 MAART 2017 Lees eers Handelinge 7:30-34

Оглавление

GOD ROEP MENSE

Daarom het Ek gekom om hulle te red. Kom nou nader; Ek wil jou na Egipte toe stuur (7:34).

GESELSVRAAG: Wat is jou roeping?

“Ek weet nog nie wat ek volgende jaar moet gaan studeer nie,” sê ’n matrikulant. Dit laat ’n mens in onsekerheid. Baie studente skop op in hul eerste jaar omdat hulle besef dat die studierigting waarmee hulle besig is, nie die regte een is nie. Eintlik is hulle nog nie seker wat die Here se roeping vir hulle is nie. Hy gee aan elkeen sekere gawes en ervarings om hulle voor te berei vir die werk wat hulle vir Hom moet doen.

Stefanus vertel hoe Moses uiteindelik sy roeping vervul het, ná 80 jaar. Waar die meeste mense lankal afgetree het, het sy eintlike werk eers begin. Dit het begin met ’n ontmoeting met die lewende God in die veld. Om die gebede van die Israeliete te verhoor moes die Here eers tydsaam sy instrument voorberei. Daar in die stilte van die woestyn saam met die skape het Moses geleer om te luister.

Is die plek waar jy werk net ’n beroep, of is dit ’n roeping? As jy eers ontdek dat God in jou werk belangstel en dat Hy Hom verbly as jy jou werk reg doen, dan kry jou werk nuwe waarde. Onthou dat jy daardie werk ook vir Hom doen. Hy wil dit gebruik om mense na Hom toe te trek.

GEBED: Dankie dat my werk ook deel van my roeping is. Vorm my tot ’n bruikbare instrument in u hande.

Lees vanaand in Handelinge 7:35-43 hoe Stefanus bewys dat hy niks teen Moses gesê het nie. Die beskuldigings was dus vals.

Uit die Beek 2017

Подняться наверх