Читать книгу Uit die Beek 2017 - Attie van Wijk - Страница 84

WOENSDAG 15 MAART 2017 Lees eers Handelinge 7:17-22

Оглавление

VOORBEREI

Moses is opgelei in al die wysheid van die Egiptenaars en hy het uitgeblink in woord en daad (7:22).

GESELSVRAAG: Watter soort opleiding sou jy graag nog wou hê?

“Elke sekonde sterf vyf mense sonder Christus,” vertel ’n sendingweekspreker. Dit het baie jong mense oortuig dat hulle nie moet tyd mors met akademiese opleiding nie. Waarom moet hulle die Bybeltale aanleer en soveel jare lank hoë teologie onder die knie kry? Die Heilige Gees kan jou mos in ’n oomblik toerus. Nietemin het die apostels die Ou Testament feitlik uit die kop geken en daarna nog drie jaar saam met Jesus geleef om verder opgelei te word.

Dit lyk soms asof die Here nie haastig is nie. Hoekom het Hy Moses 80 jaar lank toegerus voordat Hy die volk verlos het? God het gesorg dat Moses die beste opleiding kry wat in daardie tyd beskikbaar was. Josefus vertel dat Moses selfs ’n groot oorwinning oor die Etiopiërs behaal het nadat hulle Egipte lank verdruk het. Moses het in wiskunde en sterrekunde studeer, en in die wette van die land en in leierskap. Hy kon hiërogliewe lees en verstaan. Hy was die bes opgeleide leier onder die Israeliete. Daarom kon God hom gebruik.

Is jy ook lus om verdere studie op te skop? Hoekom moet jy jouself so martel? Weet dit: God het ’n plan ook met jou, en Hy wil jou daarvoor toerus.

GEBED: Baie dankie dat U ook met my ’n doel het. Help my om my daarvoor toe te rus.

Lees vanaand in Handelinge 7:23-29 hoe die Here Moses 40 jaar lank in die woestyn verder voorberei het om die volk te lei.

Uit die Beek 2017

Подняться наверх