Читать книгу Uit die Beek 2017 - Attie van Wijk - Страница 71

DONDERDAG 2 MAART 2017 Lees eers Handelinge 2:22-28

Оглавление

JESUS HET OPGESTAAN!

Maar God het Hom van die smarte van die dood verlos en Hom uit die dood laat opstaan (2:24).

GESELSVRAAG: Hoe troos Jesus se opstanding jou?

“Hoekom dra jy ’n swart rok?” het Martin Luther vir sy vrou gevra. “Dit is omdat God dood is,” verduidelik sy. “Maar hoe kan jy so ’n lasterlike ding sê? Dit is mos nie waar nie?” help hy haar reg. “Nou goed, as dit dan nie waar is nie, hoekom is jy dan so bedruk en bekommerd oor die teenstand wat jy kry? God is mos nie dood nie. Jesus het uit die dood opgestaan,” antwoord sy. Dít het hom help bevry van sy tyd van depressie en moedeloosheid.

Petrus se intreepreek was kort en kragtig. Hy het begin by die spottende opmerkings van die omstanders. Hy het daarop gewys dat dit ongegrond is. Toe vertel hy hoe God aan die werk was in Christus en nou ook in sy volgelinge. Hy rig ’n uitnodiging aan die hoorders dat hulle ook die Here kan aanroep. God was nog die hele tyd in beheer. Dit bewys Hy deur Jesus uit die dood te laat opstaan.

Wanneer dinge in jou lewe of in ons land verkeerd loop, is ons in die versoeking om moedeloos te word. Dan wil die Here ons daaraan herinner dat Jesus leef. God is nie dood nie. Hy leef, en Hy regeer. Daarom hoef ons ook nie die dood te vrees nie. Dit is net ’n oorgang na die eintlike lewe – die ewige lewe. My skoondogter in Amerika se eerste karretjie se nommerplaat was: “HYLEEF”.

GEBED: Here, dankie dat U leef en steeds my Koning is.

Lees vanaand in Handelinge 2:29-36 hoe Petrus die hoogtepunt van die evangelie verduidelik.

Uit die Beek 2017

Подняться наверх