Читать книгу Ná aan my hart - Christine Ferreira - Страница 17

Dertien

Оглавление

So ’n paar jaar gelede bring ek ’n paar dae in Parys, Frankryk, deur. “Jy móét planmaak om die skilder Monet se tuin te besoek,” raai ’n vriendin aan. My program laat my toe om dié beroemde tuin op Giverny, ’n dorpie sowat ’n uur vanaf Parys, te besoek. Nie eens my vriendin se liriese beskrywing van die rye papawers, antieke rose en ander blomme kon my voorberei op wat agter die hoë tuinmuur wag nie.

Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens

-Matt 13:37

Op die Japannese bruggie wat oor die bekende waterlelietuin uitkyk, moet ek my knyp om seker te maak dat ek hiér is. Hoewel die res van die reusetuin in simmetriese rye uitgelê is, is daar geen presiesheid of orde in hoe die blomme en plante uitbundig groei en blom nie. Daar is ’n mengel­moes van irisse, lelies, malvas, kappertjies, papawers, dahlias en ander – vir my onbekende – blomme wat welig en deurmekaar groei. By ’n toeristewinkeltjie koop ek ’n pakkie rooi papawersaad om saam te neem huis toe.

Terug by die huis plant ek die rooi papawersaadjies versigtig in my agtertuin in die hoop dat ek ’n stukkie van dié hemel hier sal kan laat herleef. Ek gee die kosbare saadjies getrou water en hou die grond dag na dag dop vir enige teken van lewe. Maar helaas, die bedding bly lewe­loos en die saadjies onvrugbaar in die grond van my tuin. “Blom waar jy geplant is,” hoor ek nou die dag iemand sê.

En ek onthou dat teen die einde van daardie somer dit nou wel nie die brose rooi papawers uit die vreemde was wat my tuin versier het nie, maar plate doodgewone geharde wit madeliefies wat jaar na jaar sommer vanself weer opkom.

Here, help my om te blom daar waar U my plant.

Ná aan my hart

Подняться наверх