Читать книгу Ná aan my hart - Christine Ferreira - Страница 19

Vyftien

Оглавление

Maurice, die gemmerkat, het wild en vervaard by ons opgedaag. Ons sou hom ’n ruk lank vir ’n vriendin, wat op pad oorsee was, oppas. Teen die tyd dat sy baas moes huis toe kom, was Maurice só deel van die huishouding dat sy besluit het om hom maar vir ons te gee.

In dié tyd vind ons gesin, ná ’n lang soektog, ons droomhuis. Toe die groot vervoerwa die oggend voor die huis stilhou, is ons slaggereed.

Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots by wie ek skuil

-Ps 18:2

Die diere is vroegoggend al veilig toegemaak. Maurice ingehok in ’n splinternuwe katmandjie, die honde agter ’n toe deur – alles onder beheer. Dis toe ons hom later in een van die kamers vrylaat dat die moeilikheid begin. Voor ons kon keer, vlieg Maurice met ’n boog by die deur uit wat op ’n skrefie staan. Buite roep ek saggies na hom.

Ná omtrent ’n uur maak hy onverwags sy opwagting. Hy kom nader toe ek hom roep. Ek tel hom versigtig op en begin hom na sy hokkie dra. Maar toe hy sien waarheen ons op pad is, begin hy spook en stoei. Hy wikkel hom met mag los en die laaste wat ek van hom sien, is hoe hy oor die hoë buitemuur na vryheid spring. Dae lank probeer ons tevergeefs om hom te vind.

En terwyl ek oor hom treur, besef ek hoe ons Vader oor my en jou moet voel as vrees en onsekerheid ons so dikwels laat wegvlug van dié plek waar dit juis vir ons die veiligste is.

Here, dankie dat U my vrese ken en dat ek altyd veilig is by U.

Ná aan my hart

Подняться наверх