Читать книгу Ná aan my hart - Christine Ferreira - Страница 23

Negentien

Оглавление

Ons groep ry per bus na Livigno, die hoogste ski-dorpie in die Alpe. Vir ’n ski was ek maar lugtig, maar as ma van twee lewenslustige seuns en met ’n man baie opgewonde oor dié idee, het ek geen keuse gehad nie. ’n Ski-vakansie was my voorland.

Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie

-2 Kor 4:16

So beland ek die eerste middag ewe dapper op die sneeu. Ons instrukteur vir die week is ’n aantreklike blonde Italianer. Hy neem die vroue in ons groep reeds op die eerste dag onder sy vlerke. Ná skaars ’n uur op die sneeu laat Alex ons die gevreesde “button lift” aandurf. Ons moet teen die baba-helling uit tot bo. My eerste dag is ’n fiasko. Ná die hoeveelste valslag voel ek bedremmeld en tranerig. Dié middag haal ek my ski’s af met die gedagte om nooit weer daarop te waag nie.

Aan die ontbyttafel die volgende oggend is ek angstig. Die ervare skiërs praat my moed in. Ek besef daar lê nog ’n week se vakansie voor en dat ek maar sal moet aanhou.

Terug by die huis kyk ek deur die vakansiefoto’s op my rekenaar. Ek voel weer die koue op my gesig en hoor die geknars van die sneeu onder my ski’s. Dit is egter die foto van my en vriendin Bee, ski-stokke seë­vierend in die lug nadat ons op die voorlaaste dag vir die eerste keer teen ’n “blou” helling af is, wat my laat glimlag.

Here, ek sien nie altyd kans vir die uitdagings wat oor my pad kom nie. Gee my die krag om te volhard.

Ná aan my hart

Подняться наверх