Читать книгу Ná aan my hart - Christine Ferreira - Страница 20

Sestien

Оглавление

Ek en Johan is op pad na ’n huweliksverrykingseminaar wat deur ons kerk gehou word. Hy is aanbieder en ek kleingroepleier.

Met ons eerste beplanningsvergadering lê God dit swaar op my hart dat ons dié byeenkoms op die tydskrif se dagboekbladsy moet adverteer. “Hoekom?” wonder ek, maar dit is asof ek God duidelik met my hoor praat. “Daar is ’n paartjie uit die plaaslike omgewing wat Ek wil hê die seminaar moet bywoon.”

Ek weet alles wat julle doen

-Op 3:8

Die mooi blonde vrou draai ná afloop van die eerste sessie om om my te groet. “Ons kom van Bloemfontein,” sê sy, “en dit lyk my ons is die enigste mense wat nie van julle kerk is nie.” “’n Vriendin het ons geborg om die naweek te kan bywoon,” voeg haar man by. Ons kuier saam tydens die aandete en ek vertel van die sagte fluistering van Bo. Later die aand bel sy hul donateur om uit te vind waar sy van die naweek te hore gekom het.

Ná die oproep kom vertel sy: “My vriendin het in jul tydskrif daarvan gelees en gevoel dat God haar opdrag gee om die naweek vir ons te borg.”

Die impak hiervan tref my eers die Sondagmiddag toe die naweekgangers hoogtepunte deel. Die paartjie uit Bloemfontein kom byna laaste aan die beurt. “Ons huwelik was in ’n krisis. Ons het uitgevind dat ek al jare lank aan depressie ly. Vir my as gelowige was egskeiding nie ’n uitweg nie, net selfmoord. Vandag kan ek net dankie sê vir hierdie naweek en vir mense se gehoorsaamheid. Ek voel soos God se oogappel,” vertel die blondekopvrou bewoë.

Here, dankie dat U my ken, en van my pyn en probleme weet.


Ná aan my hart

Подняться наверх