Читать книгу Ná aan my hart - Christine Ferreira - Страница 21

Sewentien

Оглавление

Dié aand diep ek die plakboek, gebind in donkerblou leer, uit een van die laaie in die studeerkamer op. Ek het dit ’n paar jaar gelede vir Johan as geskenk gegee met ons derde huweliksherdenking.

Tussendeur my werk, die trekkery na ’n nuwe huis, die kinders se bedrywighede en die normale gang van sake het meer as ’n jaar verloop sedert ek aan die plakboek gewerk het. Los foto’s, velletjies papier, stukkies lint en ’n gedroogde rosie val tussen die blaaie uit. Spesiale koester-oomblikke wat nou los en ongeërg geliasseer is.

En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!

-1 Kor 13:12

Die ontdekking laat my skrik. Is dit nie hoe ek en jy so dikwels met die kosbare oomblikke van liefde én die lewe omgaan nie?

Die volgende dag neem ek my tyd om die bewyse van my en Johan se lewe saam bymekaar te maak en op die eetkamertafel uit te pak. Vandag word dié plakboek bygewerk. My vingers vee oor foto’s wat wys hoe groot die kinders geword het. Ek lees weer ’n liefdesbriefie wat lank tussen die blaaie van die plakboek toegevou bly lê het. Ek sê saggies dankie vir ’n lewe van liefde. Toe Johan die middag by die huis kom, sorg ek dat ek voordeur toe loop en hom soengroet.

Here, help my om my man en gesin, en dit wat ons vir mekaar beteken nooit as vanselfsprekend te aanvaar nie.

Ná aan my hart

Подняться наверх