Читать книгу Ná aan my hart - Christine Ferreira - Страница 25

Een en twintig

Оглавление

Vir die laaste dag van die konferensie besluit ek om vir oulaas met die veerboot, pleks van die trein, te ry. Die oggend skyn die son helder en skitter die rivier se water dieper as blou. By die bushalte waar die boot my aflaai, is dit doodstil en wys die rooster dat die volgende bus eers oor ’n uur vertrek. Ek besef dat ek maar sal moet stap as ek nie die eerste spreker van die oggend wil mis nie, maar ek weet ook hoe ver dit is tot by die arena waar die konferensie gehou word.

Die Here is genadig en regverdig, ons God ontferm Hom oor ons

-Ps 116:5

Dis Saterdagoggend en daar is feitlik geen motors op die pad nie. Dis warm en die son bránd. Ek hou dapper aan met stap. Sowat ’n halwe blok verder sien ek die helderpienk sambreeltjie in die stof teen die sypaadjie lê. Ek loop eers verby, maar besef dat dié weggooi-sambreel tot my redding kan kom. Ek draai om en stap terug. Toe ek die sambreel optel, wéét ek daar gaan vanoggend geen taxi verbykom nie. Vyf en veertig minute later kom ek uiteindelik by ’n groot kruising. Die sweet tap my af. Die konferensie begin oor tien minute. Dis net toe dat ek die wit taxi sien. Ek waai vervaard vir hom om stil te hou.

’n Entjie verder hou ons voor die groot arena stil. “Wat skuld ek?” vra ek die geamuseerde bestuurder. “Niks,” sê hy. “Ek het vandag vir jou nie my meter aangeskakel nie.” In ruil los ek die pienk sambreel op die agterste sitplek vir wie dit dalk volgende nodig het.

Dankie, Here, vir u ontferming, veral as ek moeg en moedeloos voel.

Ná aan my hart

Подняться наверх