Читать книгу Ná aan my hart - Christine Ferreira - Страница 26

Twee en twintig

Оглавление

Die dag begin op ’n slegte noot. Ek sukkel met my hare en in die spieël lyk die plooitjies om my oë vandag skielik heelwat meer. Om alles te kroon sê my man, toe ek al amper by die deur uit is, dat my nuwe stewels snaaks lyk onder my langbroek. Vervaard soek ek na ’n nuwe uitrusting in my kas.

… maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp

-Ps 107:6

Teen hierdie tyd is dit al amper sewe-uur. Ek hardloop motor toe waar die seuns ewe gedwee op die agterste sitplek wag. “Moenie eers daaraan dink om nou met Mamma te praat nie. Ons sál betyds wees vir skool!” sê ek voordat een van die twee iets kan sê oor ons so laat is. Eers halfpad skool toe begin ek rustiger raak.

Op pad werk toe piep ’n SMS op my selfoon. “Bid asb. vir Kobus, ’n gr. 12-leerling. Verlam ná ’n rugby­besering. Moet asseblief nie die ketting breek nie.”

Ek vra summier om vergifnis vir vanoggend se ontsteltenis oor wat nou na onbenullighede lyk en stuur die SMS na ’n vriendin met die grootste vriendenetwerk.

Die dag is meteens vol betekenis. Ek dink aan die storms wat die laaste paar weke in die mense om my se lewe gewoed het. Slegte dinge gebeur ook met goeie mense. Dit weet ons.

Die Sondag in die kerk hou ek my hartseer vriendin se hand styf vas, terwyl ons saam na die boodskap van hoop luister en ek stilweg elkeen se seer veilig aan sy voete neerlê.

Here, vergewe my ongeduld en ontsteltenis oor nietighede. Ek verkies om vandag opnuut in dankbaarheid te leef.


Ná aan my hart

Подняться наверх