Читать книгу Ná aan my hart - Christine Ferreira - Страница 8

Vier

Оглавление

Ek is moeg toe ek by die vrouekonferensie opdaag. Uitbranding, rus en die vroulike siel is van die besprekingspunte op die agenda.

Die eerste spreker vertel rustig hoe sy haar rug op die “streng” God van haar kinderdae gedraai het – net om ’n paar maande later weer sy sagte stem in liefde te hoor roep. Depressie en uitbranding het hul tol geëis van dié lieflike vrou. Sy vertel hoe sy weer vreugde moes vind in die stilte van haar agtertuin, van die belangrikheid van rus en afsondering, om haar eie grense te ken en te weet dat God nooit meer van haar verwag as dit waarvoor Hy haar gemaak het nie.

Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee

-Matt 11:28

Die tweede spreker praat oor ’n nuwe manier van asemhaal. As jong kortafstandswemmer het sy haar verwonder aan die langafstandswemmers wat moes leer om op ’n nuwe manier asem te haal om te kon volhou. Sy vertel van ’n tyd later in haar lewe toe sy ’n duur prys moes betaal bloot omdat sy nie reg kon asemhaal nie, en die wedloop heelwat verder en moeiliker was as waarop sy voorbereid was.

“Leer om God van nuuts af te ontmoet en Hóm toe te laat om die ritme van jou asemteue te bepaal sodat Hy sy lewe en vreugde in jou siel kan blaas.” Ek self voel hoe ek weer vry asemhaal en die wind van die Gees my van binne af skoonwaai.

Here, help my om diep en rustig asem te haal omdat ek weet my lot is in u hande.


Ná aan my hart

Подняться наверх