Читать книгу Ná aan my hart - Christine Ferreira - Страница 18

Veertien

Оглавление

Ek is die spreker by ’n vroue-oggend in Durban. Die byeenkoms maak vroeg genoeg klaar vir my om ’n vroeër vlug huis toe te kan haal.

By die lughawe parkeer ek die huurmotor vinnig en drafstap na die vertrektoonbank. “Jammer, mevrou, daar is nie ’n eenuurvlug Johannesburg toe nie,” maak die vriendelike meisie agter die rekenaar verskoning. Met my instapkaartjie vir die later vlug reeds in die hand, kry ek die oor­weldigende behoefte om die motor terug te vra en sommer net die pad te vat Suidkus toe!

Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed

-Joh 10:10

Vyftien minute later draai ek links van die hoofweg af, Suidkus toe. Ek is nie heelte­mal seker waarheen ek op pad is nie. By die bord wat wys Umkomaas, besluit ek om af te draai. Die smallerige pad na die dorp kronkel heuwel af. Teen die geronde hellings groei die plante dig en tropies. In die verte blink die blou oseaan. Ek kies ’n afdraaipaadjie na die middedorp wat my hopelik na die strand sal lei.

Op die verlate houtdek by die On the Rocks-restaurant waai die warm seelug sag teen my vel. Ek maak my tuis op ’n houtbankie naaste aan die see. Die uitsig oor die blou oseaan is onverbeterlik. Ek bestel iets om te eet en te drink, terwyl ’n salige rustigheid vir die eerste keer dié week oor my spoel.

’n Volle uur tuur ek na die see en drink elke oomblik dié onverwagte seëning in. En ek besef dat God presies dít vandag vir my beplan het.

Vader, dankie vir vrede en onverwagte vreugdes uit u hand.

Ná aan my hart

Подняться наверх