Читать книгу Ná aan my hart - Christine Ferreira - Страница 6

Twee

Оглавление

Op ’n Vrydag, kort ná my aanstelling as redakteur van Lééf – met hart & siel, kom ek vroegaand moeg van die werk by die huis. Toe ek deur die oop kombuisdeur vanuit die motorhuis my man, met sy denimvoorskoot aan, voor die stoof sien werskaf, wéét ek daar wag iets spesiaals.

Aan tafel gesels ons oor die dag se gebeure. Skielik daal ’n ongekende gewyde stilte oor die tafel neer. Christoff, my jongste, vroetel in sy broek­sak, terwyl Pa en ouboet Francois met erns toekyk hoe hy ’n pragtige antieke diamantringetjie ewe plegtig aan sy verblufte ma oorhandig. “

… Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed

Joh 10:10

My lief, hiermee vier ons jou redakteurskap, en dít is wat ons vir jou en die nuwe tydskrif toewens,” sê Johan.

Christoff maak ’n klein handgeskrewe briefie sorgvuldig oop en begin lees. “Liewe Ma, hierdie is my wens vir jou. Pret, vreugde, vrede, voorspoed en blydskap; dit is wat die vyf diamante in dié ring beteken.”

Nou kom Francois, my oudste, aan die beurt. Nóg ’n ringetjie met vyf diamantjies; nóg vyf wense. “Wysheid, insig, sukses, plesier en seëninge is wat ek jou vir jou werk by die nuwe tydskrif toewens, Ma.”

Johan kom laaste aan die beurt. “Die derde ring bring dié wense met hom saam: kennis, energie, guns, baie kere se skaterlag en fokus. Vir jou en die tydskrif.”

Vader, mag my lewe oorloop van liefde, vreugde, blydskap, wysheid, insig, kennis en nog meer. Mag ek kies om met oorgawe te leef omdat ek wéét Jesus het aan ’n kruis gesterf sodat ek kan lééf.

Ná aan my hart

Подняться наверх