Читать книгу Ná aan my hart - Christine Ferreira - Страница 22

Agtien

Оглавление

Dis somervakansie en ons vat die seuns om ’n paar dae op Ver­kykerskop te kuier. Vanoggend is ons haastig en kies die tolroete. Die plan is dat ek en Johan ná ete sou terugkeer huis toe. Die rustigheid van die omgewing maak ons traag om te gaan en Johan vra aanwysings vir die mooiste pad huis toe.

U self beskerm my en red my waar ek U nodig kry

– Ps 18:36

Die Boodskap

Ons ry met ’n afgeleë grondpad in die rigting van Memel. Mooikop, Boshoek, Ronderus beduie die name op die plaashekke se borde. Die pragtige Witkoppe lê in die verte. Hier en daar skuil sandsteenplaashuise tussen klossies donkergroen bome en wei gitswart koeie teen die hange van die koppe. Ons voel hoe die omgewing ons siele sus.

“Ons sal binnekort moet diesel ingooi,” verbreek Johan skielik die stilte. “Hoe ver is Villiers?” ’n Bord langs die pad wys 60 km. Ek sien die motor wys daar is nog net genoeg brandstof vir 40 km. Ons is tussen niks en nêrens. Ek beleef stille paniek en sien al hoe ons twee agter ’n kannetjie brandstof aan oor die vlaktes aanstap. Die kilometers glip verby, en ek kyk kort-kort benoud hoe ver ons nog kan ry. Dis toe die rekenaar se strepie wys dat daar nou géén brandstof meer oor is nie, dat ek die onbekende dorpie teen die heuwel raaksien.

Dankie, Here, vir u getroue genade wat altyd betyds tot ons redding kom, al voel dit soms op die nippertjie.

“ … as ma van twee lewenslustige seuns en met ’n man baie opgewonde oor dié idee, het ek geen keuse gehad nie. ’n Ski-vakansie was my voorland.”

Ná aan my hart

Подняться наверх