Читать книгу Ná aan my hart - Christine Ferreira - Страница 24

Twintig

Оглавление

Dié aand sukkel ek om te slaap. Laatnag lê en luister ek nog na die geluide in die huis. Langs my haal Johan diep en rustig asem. Ek oorweeg dit om te gaan tee maak, maar besluit daarteen. Soos ’n ma met ’n nuwe baba loop ek eerder gang af na die seuns se kamers. Christoff, my jongste, lê uitgestrek op sy rug, sonder kommer of sorge. Sy lyf is nog sag soos dié van ’n seuntjie. Hy’s nog Ma se kind.

Hy is die Een op wie jy jou lewe lank kan vertrou

-Jes 33:6

Ons graad 8-lummel, Francois, lê die bed vol. Hy’s nou langer as ek en ewe skielik seningmaer. In die donker bid ek. “Wees met hom, Vader. Help hom met sy skoolwerk. Gee dat hy die regte vriende kies, dat hy veilig is. Staan asseblief in waar ek nie kan nie.” Dis ’n jaar van groot verandering dié.

Op sy eerste hoërskooldag neem ek hom af langs die pilaar by die voordeur. In sy donkerblou kleurbaadjie, wit hemp, das en grys langbroek is hy ewe skielik ’n jong man. Daar’s ’n nuwe kyk in sy oë. Met die graad 8’s se inseëningskerkdiens later die week sit ek amper heel agter in die kapel. Ook maar goed so, want die knop in my keel is groot. Tydens die diens lei die skoolhoof ons oë na die Latynse inskripsie bokant die preekstoel: Ave Crux Spes Unica. “Hail the cross our only hope,” eggo hy die kosbare woorde wat my opnuut rustig laat.

Dankie, Here, dat ek kan rus in die wete dat U in beheer van my kinders se lewens is.

Ná aan my hart

Подняться наверх