Читать книгу Die Neus - Deborah Steinmair - Страница 19

• VEERTIEN •

Оглавление

Claude steek sy kop deur die gat in die heining. Sy laat sak haar swaar mandjie vol klippe stadig. Veeg met ’n stowwerige hand oor haar beswete gesig. Nou sit daar sweerlik modderspore soos krygsverf oor haar wange. Groot Kaptein Sekelneus stuur rookseine.

“Is jy lus vir beetsap?” bied sy aan.

“Dude, dankie, ja.” Hy steek ’n fris been deur die opening, gevolg deur sy lyf in vuil oorpak.

Hulle sit op die stoepmuurtjie by die agterdeur, sy modderig en hy vol enjin-olie.

“Alles dui daarop dat my ma in Pretoria vermoor is toe ek ’n paar maande oud was. Die moord is onopgelos. My aanneemma het altyd gesê sy weet niks van my regte ma nie, behalwe dat sy my afgeteken het en glad nie wou hê dat ek met haar kontak moes maak nie. Dit was dus ’n leuen.”

Sy gaan haal die koevert met koerantuitknipsels in die huis. “Kyk maar. Twee koppe is beter as een.”

Of selfs drie, dink sy later. Jesse. Soos ’n gebedsketting. Sy gaan sit by die kombuistafel en skryf:

Het jy al gereis? Ek het nog nooit. Ek is op soek na die naam van ’n dorpie, vermoedelik in Duitsland of Oostenryk. Die middelste letters is EISDOR. Dit klink soos iets uit die Narnia chronicles. Ek vermoed die woord eindig in DORF. Ek ken jou ook, Jesse.

Jou penvriendin.

Ns.: Jou stem is nie soos ’n elektriese saag nie. Daar is nie ’n rekening nie. En e-pos en elektroniese oorbetaling is nie ’n opsie nie, want ek werk nie graag op rekenaars nie. Die vibrasies is onuitstaanbaar. Ook nie selfone nie. Of banke nie – te veel lywe te na aan mekaar. Jy kan my eendag betaal.

Die Neus

Подняться наверх