Читать книгу Die Neus - Deborah Steinmair - Страница 23

• AGTIEN •

Оглавление

Claude het haar vertel wat daarna gebeur het. Hy reken hy was die ridder op die wit perd: “Ek maak die deur van die tickey box oop en ek trek jou aan jou kraag regop, Stofie. Jy’s ’n patetiese bondeltjie, buurvrou. Ek haak by jou in en ek march jou weg. Ek weet om nie aan jou vel te raak nie, want jy het intimacy issues.”

Hy sê hy het geweet wat om te doen: “Same procedure as every year. In jou huis maak ek camomile tea, bra. Ek gee vir jou ’n klip om aan te klou. Ek en die pou-dude staan jou maar so en uitcheck. Jy lê op jou rug in die hammock en jy haal vlak asem, soos ’n akkedis. Jou lang bene is opgetrek. Ek kom een tree nader. Jy is wild en ek wil jou nie spook nie. Ek is van: ‘’n Dop sou nou min of meer in orde wees, dude. To soften the edges. Kom ek gooi vir jou ’n drienkie.’

“Jy maak een lang oog oop. Jy lyk soos die koningin-chicks op Egyptian paintings. Jy gaan: ‘Jy weet helder, rasionele denke is al wat ek het. Daar is reeds te min skerp kante. Ek gaan my nie laat verdoof nie, Claude. Maar dankie.’ En ek is van: ‘Helder is overrated, as jy my vra. Skree as daar iets is wat ek kan doen, of as jy wil chat. Ek het ’n engine om te overhaul.’ Ek kyk nog een keer oor my skouer en ek steek een been deur die gat in die hedge.

“Jy maak jou oë toe, Stofie. Jy lê stil en jy lyk nogal sexy. Dan gaan een oog weer oop. Jy loer skuins uit die ooghoek. Jy is van: ‘Kan jy uitvind oor die nuwe intrekker in die huis op die hoek? Dwerg.’ Ek het nou een been in my yard en een been in joune. Ek gaan: ‘Noem jy my dwerg, dude? Sal bietjie check.’”

Dit het Claude haar vertel en sy moet sy woord daarvoor neem.

Die Neus

Подняться наверх