Читать книгу Wanneer God jou vashou - Johan Smit - Страница 32

28 Januarie

Оглавление

Verraad uit die binnekring

Terwyl Jesus nog praat, kom ’n klomp mense daar aan. Die een wat Judas genoem is, een van die twaalf, het hulle gelei en nader gekom na Jesus toe om Hom te soen. Maar Jesus sê vir hom: “Judas, verraai jy die Seun van die mens met ’n soen?” Lukas 22:47–48

~

Judas se naam het ’n skelwoord geword: bedrieër, agterbakse verraaier! En tog: kan dit waar wees dat ’n man wat deel van Jesus se intieme dis­si­pelkring was so geheel en al teen Hom gedraai het? Hy was een van diegene wat uitgestuur is om wonders te doen. Hy het al die wonders wat Jesus gedoen het aanskou. Hy het na Jesus geluister en drie jaar lank saam met Hom geleef. Dit is mos onmoontlik dat dit nie sy lewe verander het nie. Waarom dan die radikale ommekeer? Van dissipel tot Godloënaar?

Ek reken die antwoord moet gesoek word in die twee verwysings na geld in Judas se storie. Ons hoor in Johannes 13 dat hy die “voorsitter van die kerk­raad se fondsekommissie” was. Hy het die beurs gedra. Dit lyk asof Judas ’n obsessie oor geld gehad het. Toe hy 30 silwerstukke vir ’n daad van verraad aangebied word, het dit die deurslag gegee.

Óf Jesus, óf persoonlike wins. Dalk het Judas ’n ideaal gekoester om in Jesus se koninkryk die minister van finansies te word. Dalk was hy so teleur­gesteld in Jesus se geweldlose optrede dat hy sy ideaal op ’n ander manier pro­beer verwesenlik het. Die feit is net dat Jesus en sy ryk nie meer vir Judas prioriteit was nie. Jesus se koninkryk was nie meer vir hom ’n uitdaging nie; sy eie rykdom het ’n groter uitdaging geword. En dit het toe tot selfmoord gelei.

’n Sug na geld en mag en status kan van dissipels verraaiers maak.

Wanneer God jou vashou

Подняться наверх