Читать книгу Wanneer God jou vashou - Johan Smit - Страница 43

7 Februarie

Оглавление

Waters van vrede

Hy bring my by waters waar daar vrede is. Psalm 23:2b

~

’n Oase, ’n plek wat water vir die moeë woestynreisiger bied, bly sekerlik een van die mees gesogte woestynervarings. Dit kan ongelukkig ook ’n lewensgevaarlike plek wees. Boosdoeners kan hulle daar skuilhou om niksvermoedende reisigers te beroof. Dit kan ’n plek van onrus en geweld wees. Daarom is die herder bedag op die moontlike gevare. Hy ken die pad. Hy weet waar die veilige waterbronne is. Hy lei sy skape na waters waar daar vrede is.

Ons hoef nie oor ons behoefte aan vrede veel te sê nie. Dit is en bly een van die brandendste behoeftes van ons tyd. Ons is moeg van spanning en geweld en onrus. En selfs wanneer ons soek na omstandighede waar ons in vrede kan ontspan en die lewe kan geniet, word dit so dikwels in tonele van geweld omskep. Dink maar aan plaasmoorde waar die duiwel ’n oase van rus en vrede omskep in ’n toneel van onsinnige geweld en moord.

Ons smag na waters waar daar vrede is. En ons Herder ken die pad daarheen. Vertrou Hom. Volg op sy voetspore. En ervaar wat vrede beteken, naam­lik om met God en mens en omgewing in harmonie te verkeer. Vrede is le­wens­vervulling, om jou doel te bereik, om dié mens te wees wat God vir jou bedoel het om te wees.

En wat van al die onrus, onvrede? Wees jý die draer van die vredesbood­skap. Vertel jý vir die wêreld van die Herder wat ’n mens by waters van vrede bring. Begelei jý mense na die Bron van rus en vrede.

Wees jy die herder wat mense na die Bron van vrede begelei.

Wanneer God jou vashou

Подняться наверх