Читать книгу Wanneer God jou vashou - Johan Smit - Страница 33

29 Januarie

Оглавление

Om jou hande in onskuld te was

Toe Pilatus sien dit help niks nie en dat daar eerder ’n oproer kom, het hy water gevat en voor die skare sy hande gewas en gesê: “Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie man. Dit is julle verantwoordelikheid.” Matteus 27:24

~

Dit is ’n uitdaging om onder alle omstandighede eerlik en regverdig te wees al sou dit nie tot jou voordeel strek nie. En dit is juis hier waar mense so maklik kop verloor. Eiebelang speel tog so ’n belangrike rol in mense se lewens. Om jouself aan verlies van status of geld bloot te stel as jy deur maar net anderpad te kyk die gerieflike status quo kan handhaaf is nie die moeite werd nie. Ek dink dis wat Pilatus gedink het.

Pilatus was as goewerneur in ’n groot mate van die Joodse leiers se goeie gesindheid afhanklik. As hulle die wêreld vir hom ondraaglik sou maak, kon dit hom sy pos gekos het. Die Romeinse owerheid het nie van oproere gehou nie. Sy eerste verantwoordelikheid was om orde te handhaaf. En met die verhoor van Jesus van Nasaret het ’n oproer gedreig om plaas te vind. Hy kon nie begryp waarom die Jode die man uit die weg wou ruim nie. Hy was seker die man is onskuldig. Maar liewe aarde, die mense het skoon mal geraak! Luister net hoe dreunsing hulle: “Kruisig Hom!”

Toe voer hy ’n simboliese handeling uit: hy was sy hande in onskuld. Dis nie hý wat die man veroordeel nie; dis die mense (demokrasie?) wat besluit het. Die maklike uitweg. Maar nog altyd net maar simbolies. Dit bly Pilatus wat vir Jesus na die kruis gestuur het. Om jou hande in onskuld te was en tog aandadig te wees aan iemand se ondergang of verlies hou jou steeds vol­le­dig aanspreeklik.

Om jou hande in onskuld te was, is net ’n manier om jou gewete te sus; jy bly skuldig.

Wanneer God jou vashou

Подняться наверх