Читать книгу Wanneer God jou vashou - Johan Smit - Страница 42

6 Februarie

Оглавление

By waters waar daar vrede is

Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Psalm 23:2

~

In die Ou Testament word water dikwels voorgestel as die verskil tussen lewe en dood. Die Ou Testament speel af in ’n halfwoestynwêreld. Droogte het hulle eerstehands ervaar. En gebrek aan water het gewoon net op die dood afgestuur. Stel jou ’n skaaptroppie voor wat in die warm woestynson agter ’n herder aanloop terwyl die drang na water toeneem. Weet die herder waarheen hy op pad is?

Die Here is my herder … Hy bring my by waters waar daar vrede is. By geleentheid het die psalmdigter die volgende lied gesing: “Soos ’n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God. Ek dors na God, na die lewende God. Wanneer kan ek gaan en voor God verskyn? Dag en nag is ek in trane, want sonder ophou sê hulle vir my: ‘En waar is jou God nou?’” (Ps 42:2–4).

Ons moet eers ’n oomblik lank hier stilstaan, by die man wat soos ’n wildsbok na water smag, na sy God smag. Dors na God – waarom? Wanneer? Gebeur dit nie gewoonlik wanneer jou lewe bedreig word nie? Wanneer jy le­wensin verloor het nie? Wanneer niks tog meer sin maak nie? Dan dors jy na die lewe. En dan soek jy dit by die lewende God. En ja, jy hoor hoe mense spottend jou ge­loof bevraagteken, jou God verkleineer. Waar ís my God?

Psalm 23 kom sê vir jou die Here, jou lewende God, is jou herder. Hy sal jou by die waters bring waar daar vrede is. Vrede is die mooi woord wat “heelmaak” beteken. God wil graag hê dat ons heel mense sal wees.

God wil vir jou ’n vervulde lewe gee te midde van ’n stukkende wêreld.

Wanneer God jou vashou

Подняться наверх